Kierang-geselspoppe

Kierang-geselspoppe

TANT TOEKA

Sy is omtrent familie van Kierang-hulle, want sy is blykbaar, volgens indringende navorsing, Kierang se gunsteling ouma se gunsteling niggie se gunsteling aangetroude tannie se gunsteling buurvrou. Daarom bestaan daar sommer ‘n baie noue band tussen hulle … vat aan Tant Toeka en jy vat aan  Kierang … se gunsteling ouma se gunsteling niggie se gunsteling aangetroude tannie se gunsteling buurvrou.

Gee sy dalk haar ouderdom weg, of haar geheime daarvoor? Waaroor spog sy graag? Watter snaaksighede onthou sy nog uit die “goeie ou dae”? Die beste manier om uit te vind is om haar in “lewende lywe” te ervaar … sy is ‘n fees!