Kierang-geselspoppe

Kierang-geselspoppe

OPINIES

Aangaande die meer realistiese “KIERANG-GESELSPOPPE”:

"Dit is ‘n gesins-vriendelike “show” wat aanbeveel word."
"Aangename Afrikaanse vermaak wat ons lekker in ons mooi taal laat lag het."
"Ons het oor die jare gewoond geraak aan konserte van sang, musiek en soms selfs danse, totdat Kierang en sy span vir ons kom wys het watter lekker bydrae hulle ook kan lewer."
"Ons het letterlik aan die verkeerde ou se lippe gehang … Kierang die langneuspop s’n, in plaas van die buikspreker Klaas s’n!"
"Ordentlike vermaak uit die boonste rakke … of is dit eerder uit die boonste tasse? "
"Kierang is ‘n seremoniemeester duisend! Is hy met die talent gebore?"
"Tant Toeka het ons seniors se eindjaar funksie opgevrolik (as daar so ‘n woord is)."
"Net wat ons werksfunksie nodig gehad het: ‘n lekker grappige Afrikaanse item om die ernstige tekstuur op die regte tyd te verander en dit daarna  sommer ‘n nuwe ligter asem te gee. "
"Julle het bewys dat goeie humor nie skurf hoef te wees nie. Dankie!"

Aangaande die kleuter-vriendelike “BEN BILTONG EN SY KLEURVOLLE MAATS” sagte junior poppe:

"Ons kindertjies praat nog steeds van die oulike poppe wat vir hulle kom kuier het en wil heeltyd weet wanneer hulle weer gaan kom."
"Die praterige BEN BILTONG pop en sy diere maatjies het ons kleuter klassies lekker vermaak en geleer van konsert hou."