Kierang-geselspoppe

Kierang-geselspoppe

DOK DOEPA

Daar kan by sommige mense moontlik met reg twyfel oor sy kwallifikasies bestaan. Het hy dit onwettig êrens gekoop, of opgetel waar dit van ‘n trok afgeval het?  Is hy ‘n kwaksalwer en ‘n kansvatter? Besluit maar self.

Hy is Kierang  se ander oom se ander nefie se ander skoon-oupa se ander oor-die-straat raadgewer … so dit maak hom omtrent “bloedfamilie”. Dis waarom hy een van die hoof aandeelhouers van hierdie poppe-geselskap geword het … logies.

Dok Doepa, wat altyd graag sy rate met almal wil deel, spog reeds met ‘n lang lys unieke konkoksies, wat volgens hom vir verskeie toestande gebruik kan word … maar hoe betroubaar dit is, sal net die tyd moet leer. Hier is so ‘n paar van sy bekendstes:

  • Die SUPER SALFIE;
  • MAKGEMAAKTE WATER (amper soos daai “Loftus Water” wat die eerstehulp personeel  op Saterdag-wedstryde vir al die Rugby ongelukkies aansmeer);
  • MUSKIETMELK “plantjie” (wat gedurig weer die houer vol groei);
  • MAMBA MAARMAAK OLIE;
  • POFADDER PLOOI STROOP.

Hy laat nie sommer die geleentheid verby gaan om van sy produkte aan sy gehore af te smeer nie… of klink “aan te bied teen ‘n donasie” dalk beter?