Ons “familie-foto” met Kierang, Tant Toeka, Dok Doepa en Pierewaaier die volstruis-lafentelhaan … saam met Kierang se “regterhand” Klaas Lakei”
Wat ons vir jou doen:
Met Kierang Geselspoppe word elke funksie ‘n fees … want Kierang (die leier van hierdie poppe) is bekend vir sy “NEUS VIR ‘n FEES”;
Lekker gesinsvermaak by vakansie-oorde, naweek-saamtrekke, privaat partytjies, veldskole;
Om verdere vermaak te voeg by sang en musiek konserte en feeste;
Ons doen ook vir klein besighede kort videos met ons poppe om hulle produkte of dienste op Sosiale Media op interessante maniere te help adverteer of bekend te stel aan hulle volgers;
Te help met julle organisasie se beoogde fondsinsameling;
By besigheidsfunksies, soos tydens nuwe produk bekendstellings, bosberade, personeel motivering en / of spanbou;
Kierang se talent as seremoniemeester in te span by julle troue, konferensie of ander funksies;
Ons oulike junior span kleuter-vriendelike sagte poppe se hulp in te roep om jou kleinspan se partytjie of kleuterskool se program nog lekkerder te maak.
Om ons aanbiedings by jou konsert / funksie / program / tema te laat aanpas, vertel jy ons wat jy in gedagte het en ons kyk hoe ons dit kan maak werk.
Ons gooi ook graag ekstra verrassings (sonder poppe) by sodat elke vertoning anders kan wees.
Agtergrond van Kierang-geselspoppe:
Ons is ‘n gesellige groep Afrikaanse geselspoppe in die PWV (dis die Pretoria-Witwatersrand-Vereniging gebied ou maat) wat besluit het om ons eie baas te wees en om dus “op ons eie te gaan”, onder leiding van ons hoofpop Kierang … die een met ‘n neus vir ‘n fees!
O ja, ons het natuurlik so hier en daar ook ‘n paar mense ingetrek om die administrasie en harde werk te doen, soos e-posse en telefone te beman, die motor te bestuur en vertoningstoerusting op en af te laai en af te stof … want ons is mos poppe … en te belangrik om ons op te hou met sulke alledaagse moeite.
Ons gereelde motorbestuurder en menslike regterhand is Klaas Lakei, vir wie Kierang toelaat om tydens ons optredes gesien te word … en sy verskillende stemme te gebruik … want onthou, ons is mos poppe. Maar noem hom sommer net Klaas … anders dink hy nou-nou hy is onmisbaar vir ons. Waar kom Klaas aan sy naam? Eenvoudig … Kierang het hom mooi laat verstaan wie is BAAS en wie is KLAAS in hierdie poppe-geselsksap.
Ons span poppe se hoofbestuur lyk so:
Kierang
Tant Toeka
Dok Doepa
Hoofdirekteur:
Ons hoofpop en grootbaas:
Kierang
Ander hoof aandeelhouers en gereelde gaste:
1. Tant Toeka
2. Dok Doepa
Algemene slaaf:
Klaas(Lakei)
Die “uitgebreide familie” (insluitend nog ‘n paar karakters wat intussen bygekom het, soos Blink Stefaans die uitspattige geluksvoël, Grootbek van Bekkershoop en Aapstreke die sjimpanzee) saam met een van Klaas Lakei se voorsate, “Ou Oom Klasie” … die een met die plasie … soos in daai bekende liedjie oor hom.
Agtergrond oor “buikspraak”:
“Buikspraak” … “stemgooi” … dis alles net een van die bekendste illusies in die vermaaklikheidsbedryf … poppe wat dinge kwytraak wat meeste mense gewoonlik nie sommer wil waag nie.
Dis ‘n illusie, nes die son wat lyk of dit om die aarde draai, of nes iets wat vêr is wat dan kleiner lyk, of nes ouer mense wat jonger probeer lyk met hulle gekleurde haartjies, of nes oorgewig ouens wat … los maar liewer … julle kry seker die idée …
Die poppe praat mos nie regtig nie want hulle het nie die nodige onderdele soos stembande, tong, gesigspiere, longe, ribspiere, diafragma, brein en sulke goeters, wat mens mos nodig het om te kan praat nie. En verder ook, omdat ‘n stem nie regtig gegooi kan word sonder allerlei spesiale apparate nie, is dit nog altyd ook net deel van hierdie vermaaklike illusie. (As jy dit nie wil glo nie, kan jy dit altyd gaan google-loer, of net na die vertoning toe kom en die illusie geniet.)